Wednesday, November 18, 2009

DIE SEE IS NIE 'N DAM NIE

Die visse in die see ignoreer my. Vir 10 jaar al. Ek het probeer van die strand af vang. Ek het probeer van rotse af. In die lagoons. Behalwe vir Mtunzini, het ek niks gevang nie. Nie eers byte gekry nie.

‘n Paar weke gelede by Mpalane (terwyl ek besig was om te hengel by die rotse) het Adai gesien hoe ‘n jong man twee 1 meter visse van sy Kayak aflaai wat hy agter die golwe gevang het. Dis die enigste manier om vis te vang, besluit ek. As die visse nie na jou kom nie, gaan jy na hulle-toe. Kyk maar in die tydskrifte waste monsters van kabeljou, barakoeda’s, seilvisse, ens. ens. die outjies van hulle “ fishing skis” af vang. Sommer hier by Umdloti,Umhlanga, Ballto, man! Ek lees ‘n artikel van Rudi van der Elst waarin hy beweer dat die “ success rate” van visvangs vanaf fishing skis 1.1 vis per trip is. Now, that’s what I’m talking about, dink ek.

Die eerste kayak wat ek bou lyk OK maar is te klein. 2.7 meter.



Die 2e kayak is darem 3.2 meter. Hierdie keer gebruik ek nie glasvesel nie. Ek het vir ‘n week lank gejeuk na die 1e kayak. By die “ Waste Center” koop ek 1 kg fyn geweefde nylon stort-gordyn vir R 25.00. Ek gebruik ook nie watervaste lym nie. Die lug is so dik van die vogtigheid dat komponente sommer uitmekaar val, selfs na 24 uur. Die gom word eenvoudig nie droog nie. Ek gebruik toe my “hot glue gun” Ek het al voorheen op die Internet gesien dat ander ouens dit gebruik om kano’s te bou. Dit werk baie goed en is bleddie sterk – as jy vinnig werk. Die kombuis is te klein vir die nuwe kayak. Ek wissel toe maar af tussen die eetkamet en sitkamer. Ek het seker die geduldigste vrou in SA. , maar Cheeky-bek lyk nie beindruk met die “ding” in haar huis nie. Dit reen te veel om op die dek te werk.

Soos die kayak klaar kom, begin ek my bedenkinge kry. Wat gaan gebeur as ek by Addington strand opdaag met die kayak? Ek het nog nooit opgelet of daar “officials” rondhang en die ouens se kano’s en kayakke check nie. ‘n Outjie in Umkomaas beweer op sy Web Site dat die Marine Acts onder andere vereis dat die vaartuig ten minste 3m lank moet wees. Jou roeispaan moet met ‘n tou vas wees. Jy moet 750 ml drinkwater he. Lifejacket. En jy moet “pencil flares” by jou he.
Laasgenoemde kos my R 400.00 vir ‘n stel. (Amper soveel as die hele kayak) Die Indier in die winkel verseker my dat dit absoluut essensieel is. Ek betaal maar.


Net om seker te maak dat ‘n nuuskierige “official” dalk moeilikheid wil maak, bou ek ‘n bak wat lyk soos ‘n sinkbad wat binne-in die gat van die kayak pas. Nou is die ruimtes onder die dek voor en agter toegemaak. Die bak is verwyderbaar en kan ook dien as ‘n “trailer” as mens op damme of lagoons roei. “In the unlikely event” dat die kayak dalk sou omslaan, skroef ek die bak vas met 2 klein skroefies aan die bulk-heads. Maar ek seel dit nie om die rande nie.

Die Vrydag voor die launch stap ek by ‘n visvangwinkel in Pinetown in. Die verskeidenheid van goed is eenvoudig oorweldigend. ‘n Petit Moslem meisie totaal bedek met ‘n swart ninja-gewaad kom aangestap. Al wat uitsteek is die hande en die ogies. Haar oe is swaar maar mooi opgemaak. Sy’t seker besluit dat, as haar man haar nie gaan toelaat om haar gesig te wys nie, gaan sy seker gaan maak dat ander mans ten minste haar oe raaksien.
Sy se: “ ghbhweoub vnj?” .
Nou - ek het ‘n problem deesdae. As ek nie iemand se mond kan sien nie, kan ek nie hoor wat daai persoon se nie.
“Sorry?” se ek.
“Can I help you?” vra sy, hierdie keer harder.
“Can you call somebody that can explain drop-shot fishing to me, please? I saw it on TV” vra ek beleefd.
Sy antwoord minder beleefd: “I can explain to you sir. What do want to know? Fresh water or salt water”
“Oh, salt water” se ek. (Eintlik wil ek visse vang – nie water nie)
Sy stop my ‘n klomp goed in die hande en wys my selfs hoe om die hoek deur die rubber minou-vissie te sit.

Saterdag-oggend 7–uur hou ons by Addington-strand stil. Langs ons staan ‘n 4x4 met ‘n laaang kano op die dak. Twee groot mans is besig om dit los te maak. Die een man kyk belangstellend na die kayak op die Tata se dak.

“Conditions are perfect today. Built it yourself?” Vra hy.
“Yes, and I will probably sleep in Westville prison tonight if I launch it from the beach.”
Hy kyk onder die kayak in en sien die “trailer”.
“ Nooo,” se hy. “ You’le be OK. You can even cross the shark nets without a rudder”. Die haainette?? Behalwe dat die nette baie ver van die strand af is, staan die idée my nie aan om so ver te roei nie.
“Just don’t go near the harbour entrance. They don’t like it. “ se hy terwyl my help aflaai. (dis nog verder as die haainette)
Hy buk af en “ poke “ die dek met sy vinger. As mans na karre kyk, skop hulle teen die bande. As hulle na kayakke kyk, poke hulle die dek, lyk dit my.
“Built for fishing? “
“That’s the general idea.”
Sy mondhoeke trek af en hy knik sy kop.
“You will be OK” se hy.
“ Do you think I should take pencil flares with me?” vra ek.
Hy kyk ‘n rukkie na die kayak op die grond.
“Wel, maybe you should” se hy en lag.

Met die kayak in die water klim ek in en begin roei vir die vale. Ek “ punch the foamies” soos in ‘n artikel wat ek later gelees het. Die laaste foamy is taamlik groot en die water spoel oor die boeg en beland saam met my in die trailer, maar ek is deur. Die deining is so 1meter hoog en dit voel vreemd om in die see rond te wieg. Hoewel die kayak baie stabiel is, is ek nie seker of ek met ‘n 20kg vegtende vis wil sukkel as ek heeltyd moet konsentreer om regop te bly nie. Hoe doen die ouens dit, wonder ek. Ek roei tot ek die eerste haainet-boei in die verte sien. So 300m van die strand af draai ek terug. Ek kan nie eers vir Adai op die strand uitmaak nie. Se-nou die nylon hou nie? Se-nou die hot glue gee in?

Naby die strand wil-wil die kayak begin surf met die golwe af. Dit voel scary want dit voel of jy beheer verloor. Dit herinner nogal aan die keer toe ons met die Mirror by Plett uitgegaan het. Ek beland op die kruin van ‘n brander en die kayak swaai links. Ek maak die fout om regs te roei in plaas van links.

Die kayak gooi my af soos een van daai rodeo cowboys en ek tuimel gat-oor-kop strand-toe. Ek en die kayak. En en roeispaan. Ek het later in ‘n artikel gelees dat die eerste ding wat jy moet doen as jy beheer verloor is om te abandon ship en sover moontlik van die kayak af weg te kom. Volgens die artikel het ek alle moontlike reels oortree.


Ek en Adai sleep die half-vol kayak tot op die droe sand en keer hom om. Water stroom tussen die trailer en kajuit se rand uit. Wel die nylon en die gom het gehou. Geen skroewe was gebruik nie.
Ek het ‘n lekker ‘”roastie” aan die binnekant van my linker-arm bloed loop af teen my regter maermerrie.

‘n Jongman wat lyk soos Tarzan en sy meisie wat lyk soos Jane sit hulle lang kano saggies langs ons op die sand neer. Op hulle kayak staan “Custom-built Kayak”
“Built it yourself? Vra hy.
“Yeah, custom-built “ se ek.
“You are a brave man” se hy en begin ritmiese strek-oefening doen. Amper se ek vir hom “ You are a brave man to wear tight-fitting pants like that in public”

Op pad huis-toe wonder ek of die Shongweni-dam Bass-visse het.

Die ninja-meisie sal sekerlik weet.

No comments:

Post a Comment